ʼn Gesprek Met Albert du Plessis – Ep. 26 WAT Podcast

Albert du Plessis het in 2000 Rhythm Records begin waar hy as “vroedvrou” gehelp het met die geboorteproses van ’n klomp legendariese albums deur ouens soos Fokofpolisiekar, Chris Chameleon, K.O.B.U.S!, Valiant Swart, Brixton Moord en Roof Orkes, Tassenberg All Stars – Live @ Tassenberg Stalteater en nog vele meer.

Albert kom kuier in die garage en ons gesels oor grootword in Frankryk, sy connection met Breyten Breytenbach, Anton Goosen, Valiant Swart, Fokofpolisiekar en die begin en einde van Rhythm Records.

Die WAT Podcast is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is click hier en as jy op die swart player page kom right-click en Save As sommer op jou desktop.

OF stream hom sommer net hieronder:

wat-podcast-iono-fm-

Comments