‘n Gesprek Met AJ Graham – Ep. 12 WAT Podcast

Foto deur Arthur Dennis.

AJ Graham speel bass vir Akkedis en The Lyzyrd Kyngs.

Ek maak hom sit agter die mic een oggend op Piet Botha se stoep en hy vertel van sy eerste bands op Hoërskool, hoe hulle tot no.1 op Barney Simon se modern rock chart geklim het, funny toerstories saam met Akkedis en hoe ’n day job in ’n cubicle toe nie sy destiny was nie.

Het jy geweet hy was saam met Dawid Fourie (WAT Ramfest reël) en George van der Spuy (WAT vir Taxi Violence sing) in ‘n grunge band toe hy op skool was?

Die WAT Podcast is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Dis baie maklik, volg net die instruksies.

OF luister hom sommer net hieronder:

wat-podcast-iono-fm-

Comments