ʼn Gesprek Met Abel Kraamsaal – Ep. 29 WAT Podcast

Abel Kraamsaal se heel eerste live show… ooit… was ’n opening set vir Koos Kombuis met ’n closing set deur Gian Groen.

Abel kom  kuier in die Kaap vir ’n week en hy maak ’n vinnige pitstop in die garage waar ek hom heavey uit vra oor hoekom hy altyd voor ’n show ’n kat skiet, hoe Koos Kombuis sy mentor geword het en hoe de hel hy ’n qualified hypnotherapist geword het. Daar is ook mooi stories oor Rock Spaaider, hoe hy en sy vrou die Kunskafee in Durbanville begin het en hoekom die maag die hart van die hol, mond en keel is.

Turns out Abel het nogal ’n knack vir risk assessment wanneer dit by die lewe kom. Kiff chat.

Verder: Dis CONFIRMED. Die William Welfare – Shunt vinyl launch gebeur by Ellingtons in Bellville Saterdag die 28ste November! Dankie aan VH Music & Publishing wat hom publish – hulle launch ook saam met die vinyl daai selfde aand ’n doccie Zeegunst: By Invite only wat ek gemaak het EN hulle nuwe online music shop. Stuur ’n mail na williamwelfare@gmail.com vir meer inligting.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is click hier en as jy op die swart player page kom right-click en Save As sommer op jou desktop.

OF stream hom sommer net hieronder:

wat-podcast-iono-fm-

Comments