‘n Fokken Main Gesprek Met Francois Breytenbach Blom (Deel 1 van 2) – Ep. 22 WAT Podcast

Francois Breytenbach Blom is seer sekerlik die mainste metal-vocalist in Afrika en hy maak al sedert die 80s sy stem dik in Voice Of Destruction en meer onlangs ook in K.O.B.U.S! saam met Theo Crous.

Hy bring die donderweer garage toe en vertel vir my van sy skooldae, toe hy die eerste keer KISS in St.5 gehoor het, sy dae in die weermag, sy eerste gig as ’n metal DJ en hoe hy eventueel by die SAUK begin werk het as ’n klankingenieur.

Daar’s ook lekker stukke stories oor hoe hy vir Voice Of Destruction gejoin het, mense wat bang is vir die duiwel en wat gebeur wanneer jy K.O.B.U.S! se musiek agterstevoor om speel.

Kom hierdie Vrydag terug vir Deel 2.

Hierdie episode is met trots geborg deur VH Studios in die Kaap. As jy ‘n producer of engineer is wat opsoek is na ‘n wêreldklas studio fasiliteit OF as jy ‘n band of kunstenaar is wat jou nuwe album wil gaan record teen bekostigbare pryse – gaan na vhstudios.co.za.

Die WAT Podcast is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is click hier en as jy op die swart player page kom right-click en Save As sommer op jou desktop

OF stream hom sommer net hieronder:

wat-podcast-iono-fm-

Comments