‘n Gesprek Met Andries Bezuidenhout – WAT Podcast Ep.4

Ek bel eers vir Griffin van Watkykjy.co.za om meer uit te vind oor al die geld wat hy gehelp het om in te samel vir Drikus ‘Brixton’ Barnard van die Brixton Moord en Roof Orkes se breinoperasie.

Daarna gesels ek met Andries ‘Roof’ Bezuidenhout oor Brixton Moord en Roof Orkes se nuutse album – Slaaptyd in Die Suburbs, academics en Drikus se breinoperasie wat hierdie Woensdag plaasvind. Ons praat ook The Beatles, Rolling Stones en Arcade Fire.

Andries raak mooi goeters kwyt soos hierdie: “Om rockers te sien as mense wat hierdie wêrelds vreemde… shallow mense is, is bullshit. Dis nonsens. Dis meestal mense wat lees, dis meestal mense wat die digkuns ken. Rockers is die nerds wat nie kon rugby speel nie en dan die kitaar vat en hulle kry die girls op die ou einde.”

Die WAT Podcast is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is – dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto.

As jy op Android is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Dis baie maklik, volg net die instruksies.

Of jy kan dit nou dadelik net hier onder luister.

Hierdie episode is met trots geborg deur The Academy of Sound Engineering.

wat-podcast-iono-fm-

Comments