B-Sides: Piet Botha, Anton Goosen, Valiant Swart, Riku Lätti, Jackie Lätti en Donovan – Ep. 73 WAT Podcast

Hierdie is ‘n spesiale B-Sides-behind-the-scenes-episode waar ek vir Piet Botha, Riku Lätti, Jackie Lätti, Valiant Swart en vir Anton Goosen bel om ‘n bietjie meer uit te vind oor die Radio Rats en sommer toe ook oor ‘n klomp ander goeters gesels soos karre, SAMRO, Donovan, vet Elvis, Chuck Berry, Die Wasgoedlyn, Beatles, besoedeling, ens.

Hierdie is private telefoonoproepe en ek moes eers toestemming kry om dit vir jou te mag speel.

Die Robertson Rocks Leopard Falls 2016 festival word ook uitgelees en daar is ‘n special deal op die kaartjies vir WAT luisteraars.

Hierdie episode is geborg deur Valve House se online music shop vhmusic.co.za (luister die episode vir die exclusive deal).

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments