B-Sides: ‘n Optel Interview Met Yusuf Allie – Ep. 83 WAT Podcast

Ek laai my laaitie in die pram en gaan stap een Saterdagoggend deur die strate van Bellville toe ek ’n leë CD-sleeve met love song-titles op sien wat in die pad lê. Die sleeve het toe ook ’n kontak nommer op. Ek bel toe die nommer van Yusuf Allie en kom toe op ’n onverwagse storie af van ’n Kaapse familie, Griekse musiek en international songwriting credits.

William Welfare Shunt se plaat is op special by vhmusic.co.za, gaan bestel hom vandag, luister die intro vir ‘n afslagkode.

Die WAT Podcast word nou op Donderdae (soms op Woensdae) release en is gratis beskikbaar op iTunes. Click op die link, onder my foto is ‘n ‘View in iTunes’ knoppie – click dit en wanneer jy in iTunes is  dan klap jy die “Subscribe” button onder die foto, hit refresh en dan click jy op elke episode se wolkie om hom te download.

As jy op Android en PC is – download gerus jou episodes vanaf IONO.fm. Soms vat ‘n episode ‘n tydjie om te verskyn op IONO – as dit die geval is download sommer straight hier.

OF as jy op Android is, download die FREE PlayerFM app en subscribe op WAT Met Willim Welsyn. OF STREAM HOM HIER:

wat-podcast-iono-fm-

Comments